Wie is ons
Ons gemeente bestaan alreeds sedert 1913. Daarom is ons een van die oudsteondernemings in Johannesburg wat steeds op dieselfde perseel sake bedryf. En ons is trots om te kan sê dat dit God se sake is. Hoe sien ons die onderneming? Ons roepings formulier sê: Ons is deur God drie-enig geroep om vanuit ons eie gebrokenheid saam met die stad heel te word in Christus en deur die werking vandie Heilige Gees liefde en gasvryheid uit te leef.
Ons is bewus van die vernuwing wa tin ons kerk moes kom om aan te pas by die veranderende vereistes van ons tyd. Ook die nuwe omgewings wat geskep moet word waarin dit moet plaasvind.
Daarom het ons ’n leierskapstruktuur wat aan diè behoeftes kan voldoen. Ons gemeente-aktiwteite is met energie belaai om aan ons doelwitte te voldoen.
Ontferming oor weerloses, verstotelinge en randfigure lê ons na aan die hart. Ons wil ons gemeente uitbou om die middelpunt van die omgewing se nood en verwagtinge te wees.
Dit is vir ons belangrik dat die kinders deel van die kerk se aktiwiteite moes wees. Kinderdienste en godsdiensonderrig het ‘n regmatige plek in ons jaarlikse kerkprogram.
Die moderne mens, met sy verbruikers wellus, het sy verhouding met God verbreek. Die mens het daardeur die al om teenwoordigheid en voorsiening van God op sy gestoot. Met ons uitreik-aksies wil ons help om die verhouding te herstel.
Die mens verwag die Here dikwels uit die verkeerde rigting. Die rigting wat ons ambisie en ons sak moet pas. As ons in die verkeerde rigting kyk, sal ons nooit die Here in ons lewens sien nie. Daarom weet ons dit is nie Here wat afwesig is nie, dit is ons wat indie verkeerde rigting kyk. Die kruis by ons voordeur is altyd vir ons ‘n aanwysing van die rigting waarin ons moet kyk.
Hier op Die Hoek van vierde laan en vierde straat wil Melville Kruisgemeente help om vanuit ons eie gebrokenheid saam met die stad heel te word in Christus en deur die werking van die Heilige Gees liefde en gasvryheid uit te leef.
Carl Theunissen.

Bankbesonderhede
Melville Kruisgemeente
ABSA Auckland Park
Rek Nr: 2840580760
Tak Kode: 335105
Rek Tipe: Tjek
Erediens Tye
| 09:00 | Oggenddiens |
| 17:30 | Aktuele Aanddiens |
| 19:00 | Studentediens |