Skip to Menu Skip to Content Skip to Footer

Omgeebedieninge

Gebedsaksie

Ons het ’n besondere gebedsgroep wat intersessie doen vir die gemeente en wat ook die gemeente begelei in gebed en aanbidding. Dit sluit geleenthede in soos die Global Day of Prayer op 31 Mei, Gebedsketting, Gebedstap deur Melville.

Kontak vir Mariana Davel vir meer info: 071 3322 610

Thusanang

Op Donderdagoggende vanaf 11h00 tot 13h00 word huishulpe toegerus om naaldwerk te doen, asook geleer lees en skryf.

Kontak vir tannie Sarie Smit vir meer info: 011 7268456

Siekesorg

Daar is altyd te min hande en lywe om by al die siekes uit te kom!  Ons het besondere mense wat hierdie groot werk doen.  As jy sou belangstel om te help, of behoefte het dat iemand jou kom besoek, 

Kontak vir Christa du Toit by 0824923065

Sopkombuis

Op Woensdagmiddae van 17h00 tot 18h00 word sop en die Evangelie gedeel aan sowat 45 honger mense by ons kerk.  Daar is geleentheid om betrokke te raak deur te help met die kosvoorsiening, en ook om die Woord te deel aan hierdie mense.  Stel jy dalk belang? 

Kontak  Franciska by 0825571409

Nardus

Die senior lidmate in ons gemeente is baie aktief.  Op Woensdagoggende van 09h00 tot 10h00 kom hulle bymekaar om Bybelstudie te doen en saam te gesels in die gebedskamer by die kerk.  Enige iemand is welkom om deel te word hiervan.  
Kontak vir Bettie de Klerk by 011 477 5289
Hulle is ook baie aktief besig om te brei:  Jaarliks brei hulle letterlik honderde blokkies, wat komberse word en wat uitgedeel word aan hulpbehoewendes.  Hierdie jaar word die komberse vir Uitkoms Tehuis vir ongehude moeders gegee.  Hulle is ook besig met ’n projek om musse en bedsokkies vir Woodside kinderhawe te brei.
Jaarliks word ’n lekker bederfdag vir ons seniors gehou – hierdie jaar is dit op 16 Junie (sien tuisblad), en aan die einde van die jaar vier ons Kersfees in Oktober met ’n heerlike Kersete.

Gasvryheid

Ons gemeente se leuse is nie verniet  “Kom tuis in Vierdelaan” nie!  Baie moeite word gedoen om mense met liefde te ontvang.
Ons het ’n klompie vroue wat nuwe intrekkers gaan verwelkom
Daar word elke Sondag tee met ietsie by bedien na kerk
Pragtige blomme word vir elke erediens voorberei
Wanneer daar siekte of nood is, is daar altyd iemand met ’n bord kos en ’n trooswoord wat gaan inloer.
Spesiale geleenthede soos Pinkster en gemeente-etes word onthou vir hulle heerlike eetgoed.
Hier is altyd hande nodig! 

Kontak Kittie van Heerden vir meer info by 0824613924

 


JAN HOFMEYER GEMEENSKAPSDIENSTE(JHGD)

Jan Hofmeyer Gemeenskapsdienste is ‘n nie-rassige welsynsorganisasie wat  geregistreer is by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Dit is ‘n onafhanklike nie-winsgewende organisasie wat geregistreer is om die Jan Hofmeyer, Vredepark en Vrededorp omgewing te bedien.

Die hoofdoelstelling van die organisasie is om daagliks vir 400 mense ‘n volledige gekookte maaltyd voor te sit. Die sopkombuis word bedryf uit ‘n huis by Tweedelaan 40, Vrededorp. Mense uit die gemeenskap bedryf die huis op ‘n vrywillige basis vir die gemeenskap. Die sake-gedeelte van die organisasie word bedryf deur ‘n bestuurskomitee van vrywilligers.

Projekte waarby Melville Kruis betrokke kan raak:

1. Sopkombuis:
Kontant donasies vir die aankoop van kos of produkte soos groente, vleis,
ens. Skenkings. Daar is ‘n vaste lys van kruideniersware wat elke maand
aangekoop word. Daar word daagliks aan ±387 mense kos gegee (180
kinders, 104 senior burgers en 103 werklose mense). Slegs persone wat
by die sopkombuis geregistreer is, mag daar eet.

2. Jannies-jeugklub:
Daar is ‘n jeugklub gestig om kinders een keer per maand bymekaar te kry. Die doel van die klub is om die kinders bewus te maak van etiese normes en waardes en samehorigheid. Fokus is op kinders 7 tot 16 jaar.
Dae soos boeresport, speletjiesdae, Vrededorp omgewing – skoonmaak, uitstappie na die dieretuin is al gereël. Volgende dae wat gereël is, is 15 Mei – Treasure hunt, 19 Junie Pastoor Van der Werf wat ‘n kinderbediening het ten einde normes en waardes oor te dra.

JHGD  is afhanklik van instansies om die dae te reël en aan te bied en finansier en in die verlede het Laerskool Jan Celliers, Abbott College, Document Warehouse, ens. dae gereël.

Nog datums beskikbaar in 2010 is 14 Augustus, 18 September en
16 Oktober. Ons studente kan dalk met ‘n idée vorendag kom oor wat  volgende aan die kinders gebied kan word en die dag aanbied met behulp van studente en gemeentelede. Dit is op ‘n Saterdagoggend van 9:00 tot 13:00.

3. Bejaarde Tee:
Elke laaste Saterdag van die maand word daar ‘n tee en musiek gereël vir die senior burgers. Die tee en koffie word deur JHGD verskaf. Daar word gewoonlik donasies van koek, ens. gesoek. Melville Kruis se dames het in

2008 een Saterdag koek verskaf vir ‘n tee, dus kan ons weer aanbied om een Saterdag in 2010 die koek te verskaf. Dalk kan die jeug ‘n klein konsertjie saamstel en die oggend opvoer vir die bejaardes.


4. Klere: Ou, skoon en heel klere kan na die sentrum geneem word en dit word volgens ‘n behoorlike register aan die mense uitgedeel.

5. Boeke: Daar word ook ‘n klein bibliotekie vir die gemeenskap uit die huis uit bedryf so indien daar ou boeke is waarvan mense wil ontslae raak kan dit ook na die sentrum geneem word.

6. Kleuterskool : In die een kamer van die huis word ‘n Graad 0 – klassie voorberei vir die skool. Daar is beperkte spasie dus word daar min leerlinge ingeneem. Tans is daar 13 kindertjies en omdat daar baie verwaarlosing ens. by die kindertjies is het hulle spesiale aandag nodig. Hulle het ‘n oppasser van die gemeenskap, Dinah wat die basiese vaardighede soos inkleur, verf ens hanteer. Van die NG gemeente Weltevredenpark kom daar onderwysers op ‘n vrywillige basis om die kindertjies een tot een te neem en ontwikkelings- en voorbereidingswerk te doen. Hulle sal ook graag mense wil hê wat bietjie musiek en dans vir die kindertjies gee.

Alle speelgoed(bv. Legkaarte, klei, vetkryte, papier, ens)  wat in ‘n kleuterskoolopset gebruik kan word is welkom. Aan die einde van die jaar word daar ook skryfbehoeftes benodig wat ‘n tipiese Graad 1 nodig het. 

7.    Verf en Instandhouding: Die huis het van tyd tot tyd verf en instandhouding nodig en omdat daar nie eintlik geld is nie moet daar deeglik beplan word om die nodige instandhouding te doen of daar moet staatgemaak word op donasies.

8.    Emmers: Ons gemeente help baie deur aan die einde van die jaar die emmers te gaan uitdeel en die gemeenskap is baie dankbaar daarvoor. Moontlik kan die uitdeler van die emmer nie net bloot die emmer aflaai en ry nie, maar bietjie belangstelling in die mens en die omstandighede wys deur met hulle te gesels. 5 of 10 minute van jou TYD aan hulle afstaan en dan ook bid saam met hulle. Verlede jaar is daar tydens so gesprek agtergekom dat iemand se ma in Johannesburg Algemeen opgeneem was en dat hy nie vervoer gehad het om haar te gaan besoek nie. Toe kon daar gereël word om hom te neem om sy ma te gaan sien. Sy is toe net in die volgende week oorlede, dus was dit die laaste keer wat hy sy ma gesien het.

9. Komberse:
Vir die winter.

10. Kerspartytjie: Op die eerste Saterdag van Desember word daar vir die gemeenskap ‘n Kerspartyjie gehou. Daar word vleis gebraai en slaaie voorgesit. Geskenkies word ook vir die kinders uitgedeel.  Die dag word uit en uit moontlik gemaak deur donateurs vir alles. Geskenkies word bymekaar gemaak van enige persoon wat voel dat hy/sy ‘n speeldingetjie wil skenk om ‘n kind se hart bly te maak. Dit word vrolik toegedraai in Kerspapier en buite op die papier aangedui of dit vir seun/dogter is en die ouerdom. Buiten dat mense donasies of goedere kan verskaf vir die partytjie kan hulle ook weer TYD kom afstaan om te help met die voorbereiding van die kos, braai en opskep en uitdeel van kos en geskenke.

11. Ander inisiatiewe van buite:
Die belydenisklas van NG Weltevreden het aansoek gedoen om een Sondag ‘n maand op ‘n een tot een basis met ‘n kind vir die dag te vergader. Hulle leer hulle bv. Skaak speel, ens. So doen hulle ook hulle uitreike.

12. Welsynsdienste en Sielkundige dienste: Indien iemand hulle dienste ter ondersteuning wil aanbied.

13. Groot droom van Jan Hofmeyer- bestuurskomitee: Om nog ‘n huis te bekom om ‘n studiesentrum te skep waar kinders in die middae onder leiding van  vrywilligers kan huiswerk doen en toegang tot rekenaars en internet kan hê.

Enige hulp en inisiatiewe is welkom en dit hoef nie altyd geld te kos nie. Enige iemand kan ook die huis besoek in die oggende om te sien wat daar aangaan. Na afloop van die bediening van die middagete word die huis gesluit. Die huis word nie bewoon nie. Adres: Tweedelaan 40 Vrededorp.

JAN HOFMEYER KANTOOR:  NICO 011 837-2431

Lanie van Wyk
0835152167

 

 

 

Adres

Melville Kruisgemeente
51 Vierdelaan
Hoek van 4de laan en 4 de straat

Melville

 


View Larger Map

Bankbesonderhede

Melville Kruisgemeente
ABSA Auckland Park
Rek Nr:  2840580760
Tak Kode: 335105
Rek Tipe: Tjek

Erediens Tye

 09:00Oggenddiens
 17:30Aktuele Aanddiens
 19:00Studentediens