header image
header image
Preke

Preke

As jy van iTunes gebruik maak, is jy welkom om van die iTunes Podcast link gebruik te maak om nou daarvoor te registreer.

Andersins, is jy welkom om na ons Podcast tuiste te gaan en daar ook die preeknotas af te laai. (Tans is net die preke sedert Mei 2007 beskikbaar daar).

 

Wie is ons
Ons gemeente bestaan alreeds sedert 1913. Daarom is ons een van die oudste ondernemings in Johannesburg wat steeds op dieselfde perseel sake bedryf. En ons is trots om te kan sê dat dit God se sake is. Hoe sien ons die onderneming? Ons roepingsformulier sê: Ons is deur God drie-enig geroep om vanuit ons eie gebrokenheid saam met die stad heel te word in Christus en deur die werking van die Heilige Gees liefde en gasvryheid uit te leef.

Ons is bewus van die vernuwing wat in ons kerk moes kom om aan te pas by die veranderende vereistes van ons tyd. Ook die nuwe omgewings wat geskep moet word waarin dit moet plaasvind.

Daarom het ons ‘n leierskapstruktuur wat aan diè behoeftes kan voldoen. Ons gemeente-aktiwteite is met energie belaai om aan ons doelwitte te voldoen.

Ontferming oor weerloses, verstotelinge en randfigure lê ons na aan die hart. Ons wil ons gemeente uitbou om die middelpunt van die omgewing se nood en verwagtinge te wees.

Dit is vir ons belangrik dat die kinders deel van die kerk se aktiwiteite moes wees. Kinderdienste en godsdiensonderrig het ‘n regmatige plek in ons jaarlikse kerkprogram.

Die moderne mens, met sy verbruikerswellus, het sy verhouding met God verbreek. Die mens het daardeur die alomteenwoordigheid en voorsiening van God opsy gestoot. Met ons uitreik-aksies wil ons help om die verhouding te herstel.

Die mens verwag die Here dikwels uit die verkeerde rigting. Die rigting wat ons ambisie en ons sak moet pas. As ons in die verkeerde rigting kyk, sal ons nooit die Here in ons lewens sien nie. Daarom weet ons dit is nie Here wat afwesig is nie, dit is ons wat in die verkeerde rigting kyk. Die kruis by ons voordeur is altyd vir ons ‘n aanwysing van die rigting waarin ons moet kyk.

Hier op Die Hoek van vierde laan en vierde straat wil MelvillKruisgemeente help om vanuit ons eie gebrokenheid saam met die stad heel te word in Christus en deur die werking van die Heilige Gees liefde en gasvryheid uit te leef.

Carl Theunissen.

Login Form
Username

Password

Remember me
Password Reminder
No account yet? Create one